Die digbundel Die burg van hertog Bloubaard het die Hertzog Prys gewen in 2002 geskryf deur Henning J. Pieterse en debuteer by KKNK 2007 binne die Woorkuns met musiek genre, getoonset deur die bekroonde Riku Lätti en Arnaud van Vliet in samewerking met bekende akteur  Chris van Niekerk.

“Die burg van hertog Bloubaard,

‘n loket treffer vir KKNK 2007”. 

Die digbundel Die burg van hertog Bloubaard was ‘n mylpaal in Henning J. Pieterse se litêre werke in Afrikaans met meer krag as meeste skrywer se pen.

Hy is tans Professor en hoof van die eenheid vir kreatiewe skryfkuns aan die Universiteit van Pretoria. 

Riku Lätti is ‘n belangrike liedjieskrywer vir Afrikaanse musiek, met twee Geraas Toekennings vir Beste Afrikaanse Manlike Solo Album aan’t sterre tel en Betse Manlike solo stem vir sy album ‘n Pleister vir my nerwe.

Riku tree gereeld as solo kunstenaar in België op asook onder andere saam met die bekende kunstenaar Stef Bos. 

Met Vita toekennings vir Piet Boys deur Charles Fourie en

Die Jogger deur Andre P. Brink agter sy naam, het Chris van Niekerk geen verdere bekendstelling as een van Suid-Afrika se gesogste akteurs op die verhoog asook op tellevisie in die gewilde reekse 7de Laan en Binnelanders nie. 

vervaardig deur Dorette Potgieter

 vir 2de Wêreld Produksies

Web Design © CoZania.co.za December 2005