Na Jozie op die vlerke van SAL…

So sit ek tussen onbekendes oppad, tussen ruimtes na vernuwing
Ek hoor ‘n sag geroesemoes van opwinding en ‘n lekker laggie 
van iemand met ‘n kartonkoffie in die hand.
Samsung, Nescafe, Fujitsu en Die Burger,
so word ons gebombardeer met reklame en diesmeer
Almal drom om my oppad na Jozie, 
die plek waar ek val, opstaan en weer probeer.

My foon vibreer in my baadjie sak, hy Sms
“Jy is oral…jy dwarrel deur my soos ‘n somer wind vol Jasmyn en Appelkose.
As ek my oë toemaak dan skyn sterre blink in ‘n fluweel swart nag.
Jou proe, jou lyf, jou oe, jou hart, jou sag, jou huil, jou traan, jou als…”

Saam gepak soos visse in ‘n blik snak ek na my asem,
waar ek al lank saamgedruk sit en wag
Net een klein wentelasie gaaitjie in die muur 
en verder absuliet niks, nie eers een oop glas deur.
Stil in die chaos wag ek vir die vertraging om op te styg 
met vrae wat maal in my kop oor al my spoke wat ween. 
Hier staan ek dan alleen binne die mure van my lewe as segeunerin.


dorettepotgieter ©