JOZIE, die land van goud

Donker wolke pak bo die Heuningspruitbrug
net anderkant Kroonstad
Windpomp in die swaar lug
lang gras staan gebuk en 
die pienk en wit wink langs die N1
dan volg plate en plate vol sonskyn

Ek’s oppad na Jozie, 
gevlerkte vriende wat my volg in die gryse lug
en nog plate en plate vol sonskyn
met jare se seer wat so om my verdwyn

Trok op trok, trailers en karavaan
saam met die ongeduld wat
hier langs my op die lang reguit verdwyn
So ry ek die vakkansie verby
oppad na Jozie 
die land waar goud in die morestond skyn

Links langs my die geel 500m SOS
gekonnekteer met silver draad 
aan iemand wat sal help om die seer te verstaan
Nog net een bult, nog net een kruin
aan die anderkant wag Jozie 
na plate en plate van sonskyn

Rooiwal en Vredefort
môre bou ek vir ons ‘n kasteel
van fyn naaldekokerdraad
wat skitter in die groot blink maan

Waarheen nou en waarvandaan?
Ek’s oppad Jozie toe
met wange wat net aanhou traan
Dan nog plate en plate vol sonskyn
wat help om die pyn te verstaan

Ek breek die stilte en haar stem antwoord sag
“Ek moet aanhou en op hom wag”
opgewonde antwoord ek met
“plate en plate vol sonskyn”

Sy herhaal sag
“Ek sal hom se, 
maar jy sal asb moet wag”

Sag en weerloos, 
stukkend en broos
hier hang ek
saam met my gevlerkte vriende
bo die donker swaar lug
en onder my volg plate en
net nog plate vol sonskyn

Waar kom ons hulp vandaan?

My hulp kom van die Here 
wat hemel en aarde geskape het,
laat Sy wil geskiet en 
so ons versoening wees.

Donker wolke pak bo die Heuningspruitbrug
net anderkant Kroonstad
Windpomp in die swaar lug
lang gras staan gebuk 
die pienk en wit wink langs die N1
gevolg met plate en plate vol sonskyn

Ek’s oppad Jozie toe met
gevlerkte vriende wat my volg in die gryse lug
en nog plate en plate vol sonskyn…


dorettepotgieter ©