Montagu

Die week is verby en
so vat ons die vinnigste weg uit die stad
Groen wuif langs die pad
en net deur die lang sement in die berg 
word ons welkom geheet
met die kans om als agter ons 
in die stad te laat lê en vergeet 

Langs ons in die verby, staan ‘n groot trok
alleen tussen plat vaal groen 
met groot in rooi geverf
“PARTNER WANTED”
Die drie van ons lag,
hoeveel paddas moet ons dan nôg soen
voor iemand iets positief aan óns harte doen? 

Ontbyt was great by die “Olive”
‘n lieflike kuier plekkie in die dorp
Ons sit op die stoep met ‘n kermis oor die pad
en die son wat lekker op ons stadslywe bak 
Koerant lees, gesels en verken
so tussen die berge is Hy besig 
om my hart terug te wen 

Wimbeldon op die TV by die Waremwaterbron 
gesellig is die ruim vertrek, 
met ‘n winters middag son
wat heerlik by die venster instraal
Daar‘s ‘n tortelduif wat koer op die dak,
hy roep met afwagting 
om vars winter in ons longe te pak 

So stap ek en jy alleen op grondpad 
om daai koppie uit te klouter 
Vrolik verby ‘n paar inwoners wat blinkoog groet 
Ons almal langs mekaar verby op ‘n vreemde pad
met niks wat ons trekpleister na die groot stad
Dis stil hier in die vallei tussen klip en groen
so op teen die stylte met mos wat jaloers groet.


dorettepotgieter ©