Stil raak sy met die sag nat, wat van buite af inkruip en diep in die voue van haar stil raak Stil raak die dag daar buite en so word sy weggevoer op die vlerke van fyn naaldekoker draad, met die nat blink wat skitter in die volmaan Still raak sy na die lang alleen reis, tussen seer en die liefde wat sy vir so lank reeds begeer Stil raak hy met die jare wat weg seil op die herhinnering van onskuld se ontmoeting, met die een wat weet Stil het sy hom altyd gehoor, HY die een wat weet Stil kon sy nie vir hom sê hoe HY die enigste een is wat weet Stil het sy probeer verdwyn, maar die skuldgevoel het haar gevolg en stil word sy steeds gevolg stil
|