Seer

ek dwing pen op papier
sodat ink my fokus op wit niks
weg van die chaos en vars rooi 
met die polsende slag van Chopin

Hier los ek my seer vir jou 
en ander om oor en oor 
en weer en weer onder oog 
te sweer 

Wimbeldon of Roland Garos
dis my katel en ek spoeg 
die beklemming op wit katoen 
en bondel my weerlose lyf

Die see is ontstuimig 
met witperde wat vinnig op mekaar golf
Die vuur knetter in Krakatoa se diepstes
en ek herken sy spoor van verwoesting

Die ketel fluit en dis tyd 
om huis toe gaan.



dorettepotgieter ©