Êrens in JHB tydens September 2006

Die President se assistent
‘n nadenkende dagboek

Die laaste paar maande is verby en na my nuwe aanstelling as die President se assistent, goedgekeur deur die bestaande waarheidskommisie, kan ek met alle eerlikheid en eerstehandse ervaring sê, die koeël is deur die kerk en om deel te wees van die sogenaamde “gravy trein” is en sal maar vir my na aan die hand bly.

Hier binne die raamwerk van betowerende klank met als en nog wat lekker is, só saam met Smoorverlief en ander, waar almal eens vergete was in my kas vol musikante, kan ek nou oor my skouer loer sonder ‘n gewete wat pla.

Kerkorrel skuif oop ‘n laai, ‘n meisie met blink oë loop af in die straat en ons sing in Afrika van verspeelde liefde:
“Laat my binne kom, laat my bly” Kerkorrel. ‘n Liedjie met 65 verse, “ek vertsaan hoekom jy sê ek verander nie, vir ander verander ek nie” of “soms is jou wêreld net te klein” Riku Lätti.
So loop die klanke van ‘n ou stoomtrein met die klikke klakke spore in jou ore tot jy jouself diep in die Groot Karoo bevind en deel word van ‘n amper vergete filosofie, die lewe is ‘n lied.

Ek het vinnig besef, daar is ‘n kers in my wynglas sonder ‘n boom, sonder pretensie, sonder bang en hy skyn os bloed rooi in my glas. Die President verander vir ander nie. Soms is daar twee kerse in my rooiwynglas sonder ‘n boom, met al die mooiste waaroor mense graag sou droom. Dan moet mens onthou, almal dryf in drinkwater, net van ons kan op tafels dans…


dorettepotgieter ©