About the Author:
Chris Smal
Chris Smal

Place of Birth: Pretoria
Date of Birth: 22/01/1972
 

Other Literary works:

Afrikaans:
Die Einde
Die Nuwe Wêreld
Hoe?

English:
Farewell
It's All About Choice
Survival of the Fittest



DIE EINDE


s jou werk ooit regtig klaar?
Dit hou vir ewig aan en aan
Terwyl jy na die skerm staar
En nooit werklik kan verstaan
Wat beteken dit wat jy uit die sleutelbord slaan
Weet iemand waarheen al die nommers gaan?

In die sweet van jou aanskyn
Sal jou laaste brood verdwyn
Jy sit jou gat deur op ‘ stoel
Terwyl die spoke in jou woel

Sal jy ooit rerig grootword?
Daar’s altyd iemand wat vertel
Hoe jou ervaring pynlik skort
Is jy alleen in hierdie sel?
Want almal skuifel soos ‘n trop skape aan
Sien niemand anders dan wat hier aangaan?

In die gesiglose skare
Verloor jy al jou hare
Wonder wat met jou gebeur
En hardloop jou sole deur

Hardloop ons voortdurend voort
Op soek na waar die eindstreep is
Want dis mos hoe dit hier hoort
En jy wonder wat jy alles mis

Is ‘n verhouding ooit werklik oor?
Lank na die opdroog van die traan
Besef jy eers wat het jy verloor
Sal ons dit ooit reg kan verstaan?
Want dit kom weer soos ‘n dief in die nag
Verlief wanneer jy dit die minste verwag

Die liefde bly blind
Maak vrae in jou stil
Tot haat als verslind
Is trou dalk die bril?

Gaan die lewe ooit finaal verby?
Die laaste kluit val op die kis
Dan kyk ek vir jou en jy vir my
Weet ons hoe ons hulle gaan mis
En al voel dit soms na ‘n ewigheid
Die uurglas loop uiteindelik uit

Maar die lewe gaan aan
En die aarde bly nie staan
As dit soms hier stink
Daar’s iets beter wat wink

Stap dus eereder rustig voort
Vergeet waar die eindstreep is
Want dis nie hoe dit behoort
Anders gaan jy jou lewe mis

© Chris Smal – 17 November 2005