About the Author:
Izelle Behr
Izelle Behr

Place of Birth: Potchefstroom
Date of Birth: 26/08/1974
 

Other Literary works:

Afrikaans:
 Begrafnis
My Hart is 'n Hotel
 Waar was Jy?
 
 English:
 Early One Morning
 Thank You
 Unplugged Virgin



BEGRAFNIS


k het die ander dag 'n droom begrawe

Sommer so langs die pad gegooi;
Nie eens 'n liedjie gesing of 'n gebed
gelees nie.

Net Weg - want drome word mos nie waar nie

******************

Ek het die ander naweek 'n vriend aan die dood afgestaan

Nie enige vriend nie, 'n goeie een.
Een wat al jare saam my gekom het en stout kinder dinge
saam gedoen het.

Sommer 'n oop graf in die wind - want ek's mos klaar met die dinge van 'n kind

*******************

Ek het die ander jaar my padkaart veras

Die kaart was veronderstel om my vorentoe te lei
Na nuwe dinge en opwindede plekke

Hy's nou as gestrooi oor die water - nuwe strate en dorpe lê verlate

********************

Ek het vandag my glimlag begrawe

Dis die enigste een wat ek het
Die Here het hom daar geplak in die hoop dat ek ander sal
opbeur as ek lag

Nie eens 'n blommetjie na die diens geneem nie - want ek's mos nie meer die een nie

********************

© Izelle Behr – 12 Maart 2001