|
WAAR WAS JY?
aar
was jy toe die see my voete groet
vir die laaste keer?
Wat sou ek gee vir nog ‘n keer?
Waar was jy toe die wêreld ophou draai
en satan paniek saai?
Wat sou ek gee vir nog ‘n keer?
Waar was jy toe ek jou wou onthou
en weer wou hê jou arms moet my toe vou?
Wat sou ek gee vir nog ‘n keer?
Waar was jy in daardie enkel donker nag
toe ek myself en als in my verag?
Waar was jy in my toekomsdroom
dat ek so erg verkeerd was - en nou weg wil skroom?
Wat sou ek gee?
O nee!!
Niks. Niks is wat ek nou wil gee -
‘n Duur stamboom maak nie van ‘n doos ‘n roos nie.
Geen versiering kan jou waarheid verskuil nie.
En so, is ek bly jy was weg.
Elke keer.
Want as jy daar was, haat ek jou dalk net so bietjie meer.
© Izelle Behr –
29 Mei 2006
|