About the Author:
Corli Groeneveld
Corli Groeneveld

Place of Birth: Scottburgh
Date of Birth: 16/10/1969
 

Other Literary works:

Afrikaans:
Chilli Pretzels met Bloukaas
Einde se Duet
Doemprofeet
My Kamer het Groot Vensters
Vinger

English:
With or Without You



CHILLI PRETZELS MET BLOUKAAS


hilli Pretzels met Bloukaas
Onwaarskynlike pasmaats.
Net soos Laurel en Hardy,
Ebony and Ivory.
Of Shrek en prinses Fiona,
voor die son ondergegaan het.
So was dit ook met jou en my
lank gelede
toe ons net-net nie meer kinders was nie.

Chilli Pretzels met Bloukaas
Onwaarskynlike pasmaats.
Soos die lam en die leeu,
die vuur en die sneeu.
Jy het my lewe binne-gehardloop
geseil oor die hekkies,
En nie geluister
toe almal fluister
dat ons glad nie ‘n match is nie.

Chilli Pretzels met Bloukaas
Onwaarskynlike pasmaats.
Die moderne sprokie,
al wou iets nie strook nie.
Maar die seisoen was soet
en die timing perfek,
En ons het gepluk en geëet
want ons het geweet:
Dit gaan nie vir ewig hou nie.

Chilli Pretzels met Bloukaas
Onwaarskynlike pasmaats.
Ek en jy, ons
was magic
juis omdat ons anders was.
En toe die onafwendbare gebeur
en die goue lint skeur,
Kon ek terugkyk na wat ons geskep het:
En dit was goed.

© Corli Groeneveld – 27 November 2005