About the Author:
Corli Groeneveld
Corli Groeneveld

Place of Birth: Scottburgh
Date of Birth: 16/10/1969
 

Other Literary works:

Afrikaans:
Chilli Pretzels met Bloukaas
Einde se Duet
Doemprofeet
My Kamer het Groot Vensters
Vinger

English:
With or Without You



DOEMPROFEET


oe die wêreld nog jonk was,
en so ook ons,
het ek en jy mekaar liefgehad
met kinderlike onskuld.
So sonder komplikasies
of enige manipulasie.
Min het ek egter geweet,
jy was my doemprofeet.
Want die woorde wat jy my toegevoeg het
daardie dag
toe jy uit my lewe gestap het
(waarskynlik sonder ‘n swaard,
want dit was nie in jou aard)
het ‘n litteken gelaat,
veel dieper as wat sigbaar is….

Jou woorde het nesgemaak
en uitgebroei in my binneste,
vlerke gekry
en uitgesprei
na elke verhouding -
elke begin,
en elke onafwendbare einde.
En selfs na agtien jaar
is die aasvoël steeds met my;
stewig ingegrawe,
immer gereed
om repies liefde op te vreet.
Sou jy ooit kon raai:
jou woorde se nadraai
my dierbare, dierbare
doemprofeet.

© Corli Groeneveld – 20 September 2005