About the Author:
Corli Groeneveld
Corli Groeneveld

Place of Birth: Scottburgh
Date of Birth: 16/10/1969
 

Other Literary works:

Afrikaans:
Chilli Pretzels met Bloukaas
Einde se Duet
Doemprofeet
My Kamer het Groot Vensters
Vinger

English:
With or Without You



DIE EINDE SE DUET


ie Einde, The End, Finito, Fin
Is soms
So onbetwisbaar soos ‘sit julle penne neer die tyd is verstreke’
So helder soos die turquoise waters om Kuramathi eiland
So meetbaar soos die vlaggie se val in ‘n skaakwedstryd
So duidelik soos die streep by die wenpaal
So logies soos ‘n wiskunde stelling
So seker soos ‘till death do us part’.

Ander kere weer, is
Die Einde, The End, Finito, Fin
Verskuil, verskans, verraderlik
Onseker, onverwags en onverklaarbaar:
Wanneer is ons by omdraai verby?
Wanneer is dit te laat vir trane?
Moet ons nog vir oulaas poog
Om om te kyk soos Lot se vrou,
Net om versteen te bly staan
Oor ons eie magteloosheid?
Het die Groter Hand alles vooraf opgeskryf,
En ons veg tevergeefs
Om die skrif teen die muur te herskryf?

Die Einde, The End, Finito, Fin
Onverstaanbaar dualisties.
Maar terselfdertyd
Net so onvermydelik
Soos Die Begin.

© Corli Groeneveld – 27 November 2005