About the Author:
Cecil Barnard
Cecil Barnard

Place of Birth: Between sheep
Date of Birth: 25/02/1964
 

Other Literary works:

Afrikaans:
10 Voor 12
Access Denied
Curry Pretzels met Bloukaas
Die Onheil Daal op Ons Neer
Gebore in 'n Storm
My Kamer het Groot Vensters

English:
 



10 VOOR 12
(die kettingbrief bydrae)


he says he has lost his mind” sing Cutting Jade oor die R190-00 per dag rent-a-car se radio. “we will be alright in the end”. Met bewende vingers soek hy die afsit knoppie en ruk later die radio se gesiggie af, gooi dit kragtig by die venster uit. “Fok”.

“Fok” vloek hy saggies toe die wit Tazz teen die Kaapse Dokter se medisyne steun en die tekort aan ‘n lugversorging niks beter maak nie. Hy draai die venster af en snuif die warm soel seelug in. Tafelberg buig voor hom met ‘n digte wolkkombers en hy gee sy Ray-Bans vir ‘n klonkie wat aan kom cheapie donkerbrille probeer verkoop.

In Kloof straat stop hy dwars oor die sypaadjie en stap in die eerste local pub in. Die kleurling skreeu “hey djy! Hulle sal djou kar wegsliep!”. “Ja sure” brul oor sy lippe. Die pub is nogal ‘n sleazy plek met heelwat arty studente wat na klas ‘n koue bier kom drink. In sy swart besigheidspak, ‘n ligpienk hemp met skokpienk strepies das en ‘n handgemaakte leer aktetas staan hy uit soos ‘n vark in Palistina maar trek darem die aandag van die enigste gatvol waitress wat onmiddelik ‘n groot fooitjie raaksien.

“Watse draft het julle?” “Sorry sir?” Hy haal stadig en diep asem en fluister in ‘n monotone stem “What do you serve on tap in this fine establishment?”
“Trying to be funny big boy? Hehehe I like fun. We serve Bosuns, Forresters, Castle and Windhoek on tap”.
“Well then, for fun, get me a Bosuns with a double Jameson’s”
“Jezz serious hey?”

Die koue bier glas brand sy hand. Die yskoue borrelende vog met dubbele skok gly in sy keel af. Hy slaan die glas op die tafel neer en los ‘n R100 noot onder ‘n asbakkie.

Sy skuif die groot glasdeure op die balkon oop. Laatmiddag sonstraal dans vir oulaas deur die glas en bots saggies op gelamineerde eikehout vloere. Haar gunsteling wit japon maak haar perfekte kaal lyf toe. ‘n Langsteel rooiwyn glas word vir die derde keer volgemaak. Sy kyk af oor die gemanikeurde tuin met presiese grasperk en glinterende reghoekige swembad, ‘n perfekte kwart Olympiese standard. Sy sien sy lyf elke oggend deur die water klief vir sy voor werk een kilometer swem. “Fokken doos” dink sy.

Sy soek in sy uitsonderlik netjiese studeerkamer na die sleutels. “Shit”. Normaalweg was alles so voorspelbaar. Swem om 5am, werk toe om 7.30am in die C350, terug van werk om 6.30pm, kook aandete, emosielose seks om 9pm dan terug na die stille hemel van die “Sy” en “Haar” studeerkamers, elkeen met broadband internet en iPod vir musikale vermaak. Eindelik kry sy die lang sleutel aan ‘n springbok velletjie. Die swaar deur swaai oop. Haar hand skiet na die regter onderste hoek waar dit altyd geolie en gepak le^. Dit is leeg. Voorspelbaarheid is weg.

Sy gaan sit op die balkon en tik ‘n sms “Dit is die beste dag in my lewe vandat jy weg is. Ek het nie genoeg woorde om die verligting van jou dooslike houding en alwetende gedrag te beskryf nie. Ek hoop jy brand in die hel. NS. Ek het altyd gefake, jy is nie die woord lover werd nie”

Hy stap in Langstraat by “Investment cars” in. Verskeie modelle vang sy oog. Hy sit die aktetas nonchalant bo-op ‘n gretige verkoopsman se koffie en doughnut neer. “Watch this with your life big boy”. Die mannetjie draf agter hom aan en luister aandagtig na die lopende kommentaar. “Look young man. I am an investment buyer, so I have specific requirements. Nou wat sal dit wees? Die swart Boxer, of die goudgeel Lamborgini? Nee veels te bling. Die nuwe SL600? Nee dis vir ‘n ou man. ‘n Mini Cooper S? Sorry te gay en te gewoon. ‘n Hummer? Nee te buppy, wie wil anyhow in ‘n kar soos Zuma sin gesien word?” Hy steek vas voor ‘n 1969 Ferrari Dino afslaankap. “Mmm now this is something. For sale? Mmm R1.6 million. Not to bad”.

“Well lets take this baby for a spin!” Die verkoopsman is senuagtig. Te veel joy riders kom toets duur karre en mors sy tyd. Dit is moeilik maar die ou lyk genuine, hy het immers Omega Sport Master horlosie en ‘n duidelike duur pak aan. “Yes sir, we will need some ID plus bank clearance for insurance”. “Do it baby, do it”. Hy knip sy aktetas oop en gooi ‘n ID met VISA kaart.

By die Engen vulstasie net voor jy in Groenpunt indraai gooi hy R300 se unleaded in. Die verkoopsman knip sy oe” senuagtig. “Shit this oke is going for a serious spin and it is close to closing time”. Die V12 engine skreeu deur die ratte en hy dink aan die Mercedesse wat sy nog altyd op aangedring het. So veilig, so bitter vervelig. Fok. Hoe het hy dit nie gehaat nie. Die rooi naald skiet deur tot by 8000rpm die verkoopsman gil benoud “please sir this car is rare and the only one in South Africa”. Hy draai om en gee die mannetjie sy beste Jack Nicholson kyk. “You only life once baby”. Die bande skreeu en voetgangers spat uit die pad. Die Dino skuif dwars voor Blues in ‘n parkeerplek in. “Go buy us each a beer boy, come move now, I am waiting here”. Hy sit en speel op die versneller van die kar. Die reuse V12 engine brul soos ‘n woedende leeu. Met twee Castles in die hand spring die verkoopsman oor die regter deur. Dinge ruk hande uit besef hy. Die Ferrari skreeu en trek met rokende bande weg. Net voor hy twede rat haak trek hy by 100km/h. “Fokken great” dink hy. “Ek leef vir die eerste keer”

Sy gooi haar wit japon in die kombuis neer en druk die afstand beheer vir die dubbel garage se deure langs hulle spierwit modernistiese argiteksdroom soos die agent dit beskryf het. “Fok ek haat die plek” se^ sy en stap kaal oor die kortgesnyde gras die garage in. Die bure se seun kyk geskok om toe sy in Eva gewaad die quad bike wheelie in die straat af. Dr. Verster se vrou druk haar leesbril styf op om die spektakel beter te aanskou. Sy draai die quad om en met haar afspring skiet die ding die dammetjie binne. Borrels lug blaas op uit die bodem. Sy stap, met haar arms en lang blonde hare swaaiend terug na die huis toe en gooi ‘n middelvinger vir Dr. Verster se vrou wat dadelik ‘n Valium drink.

Sy spierwit C350 staan in die garage en sy stap met ‘n kannetjie grassnyer petrol om die kar en deurweek die bakwerk. ‘n Vuurhoutjie uit sy Weber braai trollie laat die garage verhelder. Die wit Benz word oranje. Op die balkon druk sy die remote en die garagedeure skuif geruisloos toe.

Sy maak ‘n bottel spesiale wyn oor en stap in “sy” badkamer in. Hy is so ‘n terrible tradisionalis, perdestert skeerkwas, italiaanse “cut throat” skeermes, Johnston & Johnston poeier en ‘n Braun elektriese tandeborsel. “Fok, dis weird, ons bly al vyf jaar hier en ek was nog nooit in sy badkamer nie”. Finansies en Tegniek le langs die toilet.

“Hou my tas vas” bevel hy die verkoopsman toe hulle stop net voor Landadnau in ‘n uitsig punt. Hy knip dit ook en haal Voorspelbaarheid uit. Dit rus swaar in sy hand. “This is your worst nightmare and my biggest dream, all in one day!” Die tas klap toe en hy druk die 9mm in die geskokte verkoopsman se gesig. “Get out” Die outjie begin smeek en huil “Get out you idiot OUT”. Die mannetjie spring uit en probeer weghardloop. Twee skote teen die teer laat hom stil staan. “On the wall you idiot”. Warm lood trek deur die mannetjie se lyf voordat hy deur die swaartekrag afgetrek word, ondertoe waar die polisie hom die volgende dag, lewend maar baie swak kry.

Hy swaai die rooi Ferrari om, druk suid en brand duisende kilometers se rubber op teen die bult en skeur teen Suikerbossie af. 220km/h wys op die naald toe hy hard rem en links draai in Houtbaai. Hy stop voor die Chapmanspeak Hotel en bestel ‘n bottel JC le Roux Pinot Noir vonkelwyn. “Is this the best you have in the fairest Cape?” “Wise ass” snou die waitress hom toe. “At least I am wise, you just have a big arse”. Sy smyt ‘n glas en die bottel voor hom neer. Hy betaal in ‘n baie groot noot, meer as dubble van die prys. “Good sale” dink sy en stap swaaiend weg.

‘n SMS kom deur en hy lees dit, drink diep voordat hy antwoord. “Ek is dankbaar ek sluit jou af. Jy is fake, alles fake, fake hare, fake brein en fake boobs. Anyhow, Sanet is nie fake nie”. Hy smile skeef en kyk op sy horlosie. 11.30pm.

Die Polisie radio al die mobile stasies om te kyk vir ‘n rooi Dino, die kar is moontlik gehijack en ‘n verkoopsman was dalk betrokke. Hy druk die rooi aanskakel knoppie en die V12 brul in die lewe. ‘n wit Polisie Nissan Almeida stop en twee inspekteurs stap nader. “Excuse me sir, do you have some ID?” Voorspelbaarheid blaf twee keer en hy draai gly gly op die Noordhoek / Chapmanspeak pad in.

Sy gooi haar Nokia oor die reeling in die swembad in. ‘n SMS kom in net voordat dit die water tref. Die blou skerm wys 23H50. Sy “cut troat” skeermes val op die grond. Rooi strale volg haar duik van die balkon af tot in die diep blou swembad. Die water verdonker rondom haar lyf en sy sweef uit haar liggaam uit. Die Ferrari skuif deur die draaie. Die tolhek mannetjie hardlopend agterhom aan. Hoe heerlik as die kar laer is as die “boomhek”. Hy druk die kar deur die draaie, hard en meedoonloos. Bande skreeu en die bakwerk tref die rotswande saggies. ‘n Wit Polisie Almeida blok die pad voor hom. Blou ligte flits. Mense hardloop. Hy stoot terug en wen die V12 op. ‘n Megafoon roep hom om uit te klim. ‘n SMS kom in. “Hoe kon soveel liefde to soveel haat afgis?”. Hy wen die engine op en begin antwoord. Druk die Ferrari in tweede rat in. 160km/h en die kar bars deur die rots muur en duik swierig na die see daar onder. Die SMS word gestuur “Ek wens ek het geweet, maar ware liefde bly staan’. Die kar tref die rotse voor die golwe. Sy Omega Sportmaster se glas bars oop teen ‘n rots. Dit gaan staan op 10 voor 12.

© Cecil Barnard – 27 November 2005