About the Author:
Cecil Barnard
Cecil Barnard

Place of Birth: Between sheep
Date of Birth: 25/02/1964
 

Other Literary works:

Afrikaans:
10 Voor 12
Access Denied
Curry Pretzels met Bloukaas
Die Onheil Daal op Ons Neer
Gebore in 'n Storm
My Kamer het Groot Vensters

English:
 



DIE ONHEIL DAAL OP ONS NEER


ier volg so 'n kort ware verhaal van onheil en die mens se eie selfsugtige soeke eiewaarde en materieele goed.


Donderdag:

Ek ry met my Discovery Exclusive Books in Menlyn toe.

Koffie met 'n ou 'varsity pêl en sielsgenoot van daai dae wie nou in London woon. Twaalf jaar al. Sedertdien, soos ek, geskei van sy PUKKE Dopper apteker meisietjie, te koekig en te korrek vir hom (ons??). Nou is hy 'n hoofbeplanner en mede-direkteur by een van die voorste Internasionale Consultancies. Sy projekte strek van Canary Warf, Lagos, Cairo, Dubai, Moembaai en Sydney.

Hy sit daar, all smiles, so vol van himself, vol van die goeie lewe en vol van "ek het jou mos gesê".. Ek sit my happy gesig op, draai die humor stewig aan en sit. Sy houding sê "jy kon die wereld kry maar toe kies jy Suid Afrika. Ek kon die wereld kry en kies toe die wereld. Kyk waar sit ek". Groen monster en 'n tikkie van selfverwyt toegedraai in ligte onheil daal op my neer. Ek erken ek is jaloers. Jaloers op sy keuses en sy sukses. Ek kon dit ook gehad het. Van sy lig pienk Dunhill hemp losweg oor sy bleekwit vel, sy personal trainer spiere en London marathon bene, slank en maer soos altyd, platinum Patric Philippe horlosie, sy Mont Blanc vulpen waarmee hy die kredietkaart strokie vinnig teken tot by sy handgemaakte Italiaanse skoene is vir my die tekens van alles wat ek kon wees en uit emosie gekies het om nie te wees nie. "Jy is die resultaat van die keuses wat jy maak" het hy daai dag in 1992 vir my gesê toe ons albei genader is om London toe te gaan en ek kies om te bly want ek glo in die "nuwe RSA" en my nuwe huwelik en al die opwinding wat dit meebring. Hoe verkeerd kon ek wees?

Die kuier is eers styf, stokkerig. Vat toe darem vlam. Ons lag oor die army, my diesel Passat wat gebreek het en die twee girls (jong jags staandemag meisies) moes terugloop van Klapperkop af na die menasie, die na-ure swot by WITS, die downhills met ou mountainbikes, die eerste Argus saam. Ons lag oor girls wat ons gevry het, pink 'n traan oor die met wie ons onsuksesvol getroud was. "Lees jy nog so baie Paul Theroux en Bruce Chatwin?" vra hy. Ek lag en sê ek probeer ook nou skryf maar my stories is maar bra dun en stokkerig. "Hier is vir jou iets. Uit London. Maak oop as ek weg is". 'n Pakkie opgetooi en toegedraai soos 'n kunswerk. Sy netjies gemanikuurde vingers en hande soek 'n vashouplek. Hy sweet en bewe. "Bloedsuiker" lag hy. Tyd om te gaan. Die aarde draai kloksgewys en niks wag vir woorde wat nie gesê kan word nie.

Ons sê ons koebaai's en ek weet hy waai binne enkele ure terug, eersteklas in Virgin, en ek (onheil in 'n dik groen jas) wil hom nie weer sien nie. My afguns en jaloesie dik om my, gelukkig het my teaterale alter-ego die kuiertjie heeltemal lekker en oorvertelbaar prettig gemaak.

Ek stap tot by my kar. Iemand het heel netjies die linkervoordeur en spieeltjie terpletter gery. 'n Dikker wolk van onheil daal neer. Bitterheid en woede skiet wortel in my gemoed. Fok fok fok. Ek is woedend vir die persoon wat net wegry nadat hy / sy my gestamp het, ek is die moer vir myself omdat ek emosioneel en patrioties oor Suid Afrika was. (Was) Ek jaag huis toe. Die Discovery se engine skreeu deur die ratte. Spieeltjie stukke spat oor die teer.

My honde waai stert toe ek stop. Klap die deur toe. Stop en draai om. Die geskenk lê op die sitplek. Ek ruk dit op, skeur die ragfyn papier af. 'n Fotojoernaal van Bruce Chatwin, geteken deur my boerse London vriend. "To my only true and dear friend Cecil, an inspiring writer and a fellow traveller. Keep on flying the flag"

'n Perelwit koevert lê in die boek. Dikkerige papier binne. 'n Foto van sy nuutste model lover? 'n Brosjure van sy maatskappy? Ek vou die koevert oop en trek die papier uit. 'n Brief. Handgeskryf in blou ink.

"I am at loss for words my dear friend
I have this secret in me that I must share
I have no-one else to tell anymore.

Like you, I set out to reach the stars
Like you, I set out to change the world
Like you, I tried and failed in love
Like you, I dreamed of success and greatness

Unlike you I will never further achieve
Unlike you I will never hear crystal laughter of future children
Unlike you, in spite of my material wealth I will never enjoy it
Unlike you, in spite of all my successes I will never be in it

Fortune has thrown me a curved ball
My life is coming in for a fall
The big Planning Authority in the Sky awarded me
With aggressive brain cancer
Soon I will be a lonely star dancer

This is my last trip
Before I go for the final flip
I have failed my Environmental Impact Assessment
Please remember me
For what we both could be

Now it will be only you
To fly the flag
To give them hell, to kick and tell
Now remains only you
Swinging real life in a bag

Plant vir my 'n wit arons kelk
In vol son
Sodat ek kan afdaal
As ek moeg is
En kom rus
In jou tuin

Jou vriend "yours truly"
S"

Ek gaan sit op die grond. Fyn papier waai tot in die straat. Honde lek trane van my gesig. Ek het 'n kans. Discovery skeer oor die aarde. Laaste stukkies spieël spat oor die snelweg. Pretoria na JHI in 'n rekord 25 minute. Storm deur die vertreksale. Check-in counter 48 staan hy. Leertas in die hand. "So meneer die Direkteur, het jy gedink jy kan gaan staan en doodgaan in Engeland sonder 'n laaste snoekbraai in Pretoria?" Sonlig skyn deur die venster. "Ja wat, ek sal maar die dood met nog so 'n aand of wat uitskuif".

Ek het Paasnaweek naby Wimbledon 'n wit aaronskelk op sy graf gaan sit. Vier dae na sy oornagkuier en snoekbraai met soetpatats en twee bottels Jacobs Creek unwooded chardonnay was sy (soos hy dit gestel het) waarborg verstreke en die Here het vir hom 'n negatiewe Record of Decision gegee.

Onheil het sy goed gevat en druipstert geloop. Diep nederigheid het daar in die plek tuisgemaak. In my spaarkamerkas kry ek weke daarna, toegedraai in 'n Virgin Atlantic eersteklas kniee-kombersie 'n swart leerbaadjie en stel Mont Blanc penne. Klein briefie agter op my Metroplan besigheidskaartjie: "Jy kan dit beter gebruik hier as ek daar bo. Goeie kennisse sê daar is wireless broadband Internet en sentrale verhitting. Meer as wat jy hier in Azania kan sê".

© Cecil Barnard – 27 November 2005