|
GEBORE IN 'N STORM
ie
kar draai stadig op die smal teerpad tussen Cairns en Normanton.
Die son sak rooi weg agter die plat koppies in die weste.
Weerlig strale blits dringend op die noordelike horison in die
verre Outback. Die visueele aankondiging van “the big wet”, die
drie maande lange reën seisoen wat Noord Queensland afsny van
die res. ‘n Kookaburra vlieg oor die pad en hulle kyk na mekaar.
Haar blou gekleurde hare en oorgroot gothic neusring kanseleer
nie haar beeldskone gelaat uit nie. Sy is bitterlik mooi. “Go
baby go!” skreeu Ben, haar man, van die agtersitplek af.
Hy stamp ‘n Neil Young kasset in silwer Holden SS V8 se speler
en draai volume vol oop. “Like a hurricane” spoel oor die
luidsprekers. Hy skop die versneller teen die vloer vas. Die
monsteragtige V8 brul diep, druk hulle in die sitplekke vas.
Swart strepe en die reuk van rubber bly agter. Die naald skuif
konstant op. Op en verby 160, 180 dan deur die magiese 200km/h
verder en verder. Die pad kronkel traag en druk die kar deur die
draaie. Binne sekondes hang die naald by 255km/h. Die V8 draai
teen 6500 revolusies per minuut.
“Fuck mate, this baby sure flies” skreeu Ben van die
agtersitplek af . Hy rek voorentoe (veiligheidsgordel streng
getrou aan) druk ‘n video kamera oor die sitplek en neem die
spoedmeter en verby-flitsende omgwing vir latere gebruik af. “We
will hit the outback in not time short” lag Karen en gooi ‘n
thumbs-up aan die geskokte (uiters wetsgehoorsame) motoriste in
die Toyota Land Cruiser bakkie.
Die Holden skeer oor die aarde. Cairns verdwyn in die verte en
Normanton, 800 kilometer noord-wes kruip nader. Karen skiet die
sjampanje prop deur die oop sondak uit en gooi vir elkeen ‘n
“roadie” in kristal glase. (Ten spyte van ‘n ultra
wetsgehoorsame burgery laat die Ozzies so nou en dan hare hang
en dan spat die … wel… dan gaan dit rof). “Let’s celebrate
friendship, fast cars, madness and fuck mate… a beautiful North
Queensland thunderstorm coming up!” Ben en Karen klink glase en
saam klink hulle met hom. Hy glimlag stil en geniet die
verbyflitsende merkers, Neil Young se effens temerige stem en
naderkruipende donderstorm. Vlae wind en stof spat oor die pad
en ruk die vaartbelynde kar effens. Enkele storm reëndruppels
klap teen die voorruit.
Hulle het sy beste vriende geword sedert hy in Noord Queensland
geland het. Saam put hulle heelwat binnepret uit die verbreking
van sosiale taboes en saam hou hulle daarvan om so nou en dan
wilder te wees as volgens die voorskrifte. Hulle deel baie
belangstelings, musiek, boeke, reis en laastens maar nie minste,
spoed. Hoë spoed. Sy ry ‘n Saab 93 Turbo en Ben ‘n Nissan ZX.
Die Holden V8 is ‘n staatsdiens huurkar vir sy werk. Sy keuse al
moet hy elke maand inbetaal. Beter as ‘n Camry. Gereeld glip
hulle om middernag op die snelweg om 250km/h te haal en die
resies te jaag tussen Cairns en Port Douglas. ‘n Wonderlike
kronkelpas met gulde geleenthede om bestuurder, kar en vermoë te
toets.
Dalk is dit simpel, dalk is dit rebelsheid wat manifesteer in ‘n
streng gereguleerde samelewing, dalk is dit net pret. Vir hom is
dit pret. In totale teenstand met sy sterreteken (Pisces ~
vredeliewend, dromerig en verstrooid) en sy passiewe opvoeding
was hy as kind bekend as “sewoerwoer”, Tshwana vir “die een wat
altyd beweeg”. Hy kon nog nooit stilsit nie. Twee ure in ‘n
fliek maak hom mal, na drie ure op ‘n internasionale vlug begin
hy rusteloos op en af stap. ‘n Vorige meisie het met groot
irretasie na hom verwys as “aanhou beweeg en geraas maak”.
Die naderbewegende storm en die verbyflitsende ooptes bring
rustigheid in sy gemoed. Hy het nog altyd ‘n diep kalmte ervaar
as tydens lang ooppad ritte. Dit maak hom rustig en stil sy
gemoed. Bob Seger sing:
“Roll, roll me
away,
won't you roll me away tonight
I too am lost, I feel double-crossed
and I'm sick of what's wrong and what's right
We never even said a word,
we just walked out and got on that bike
And we rolled
And we rolled clean out of sight"
Teen 250 km/h flits sy verlede
weg. Die geraamtes in sy kas en die pyn is sy hart is stil. Die
selfverwyt wat so baie dae nesmaak in sy kop maak plek vir
absolute konsentrasie en laat geen ruimte vir foute. Emosie wat
so ‘n groot rol in sy persoonlike lewe speel is weg en net
rasionele handeling bly oor. Kil en gefokus, soos die soldaat
wat hy ook eens op ‘n tyd was, presies en sonder emosie.
Stormwinde ruk die voortsnellende kar rond en hy lig sy voet
effens van die versneller af. Die windskermveërs worstel teen
die massa aanslag uit die hemel. Die helder groen en geel teken
van ‘n BP vulstasie doem op in die verte. Hy draai af en stop
onder die afdak. Die ander twee spring uit en hardloop soos
verliefdes onder die reën in. Jim Morrison sing skor “Riders on
the Storm” terwyl hy na hulle staan en kyk. Weerligstrale verlig
die spookagtige landskap sporadies. Die teer sis saggies en hy
ruik stof en modder, net soos op die plaas in die Wes Transvaal
tydens ‘n goeie bui reën.
Die vulstasie eienaar tel kleingeld af en kyk verbaas na die
twee wat huppel in die reën. “Them real outback kids mate. Luv
the faacking rain. Just like them abo’s. Faacking luv the rain.”
Hy skud sy kop in eenstemming. “They both grew up in South
Australia, never seem to see rain there.” “She is a real stunner
mate. Faacking stunner with them blue ‘air”.
………. Sewe jaar later trek hy met sy BMW motorfiets onder ‘n
Mpumalanga vulstasie afdak in. Die eerste lente reën val in vlae
neer. Die druppels is vars en koud. Diep blou wolke dryf
dreigend nader. Sy hande bewe in die koue. Die petroljoggie help
hom van die fiets af. ‘n Weerlig tref die telefoonpaal langs die
pad. Stukke houtsplinter spat oor hulle. Swawel reuk dryf
swanger deur die lug. ‘n Vet boerseun in ‘n rooi Hulux wip soos
hy skrik en lag senuagtig toe die twede weerlig die paal verder
opkerf. “Fok ou, smile, liewe Jesus maak kiekies” Hy glimlag en
stap die Wimpy binne.
‘n Laatnag e-mail van Ben uit Cairs het hom laat oppak en ry.
Net om weg te kom. Die diep konsentrasie tydens spoed, die vrede
en stilte as net die pad voor jou uitkronkel blaas pyn weg:
“G’day mate..
I am afraid I have bad news. Karen died last month.
Complications from cancer as you know. She fought to the end. I
am so sorry I did not let you know earlier but I just could not.
I went out to the farm watching the lightning just like we did
in 1998. Fuck mate, I can’t believe she’s gone. It is so lonely.
I miss her so much. I do not know what to do or think or say. I
just can’t face the truth that she is gone. Please pray for
Karen and me. You where always good with the God stuff.
Your friend
Ben Ingram”
Hy gaan sit langs die venster en bestel ‘n megakoffie. Bob Seger
speel oor die radio:
"Roll, roll me
away,
I'm gonna roll me away tonight
Gotta keep rollin, gotta keep ridin',
keep searchin' till I find what's right
And as the sunset faded
I spoke to the faintest first starlight
And I said next time
Next time
We'll get it right"
Hy hoor haar lag en sien die
blou hare glinster in die reën terwyl Ben haar om en om draai.
Hy betaal sy koffie en draai uit op die teerpad, draai die
versneller oop en ry diep in die storm in.
© Cecil Barnard –
27 November 2005
|