|
MY KAMER HET GROOT
VENSTERS
k
kyk uit oor die straat
Ek is wie ek is en
Ek soek na wie ek is
My kamer het groot vensters
Ek kyk uit oor die straat
En hoop iemand daar kan sien
Wie ek rerig is
My kamer het groot vensters
Ek dink oor die trappings van my sukses
Ek sit kaalvoet en treur stil oor
drome wat ek agter gelaat het
My kamer het groot vensters
Die gordyne is oop
Ek sit agter die rekenaar
En tel my aardse skatte
My kamer het groot vensters
Die maan silwer oor haar lieflike lyf
Ek wonder of sy vir my lief is
En of ek weet wie sy werklik is
My kamer het groot vensters
Die Here se genade skyn vroeg oggend
Oor my postuur skeef
41 jaar se plooie en min sonbruin
My kamer het groot vensters
My bure se dogtertjie huppel hek toe
Ek filosofeer oor die trappings van my sukses
En wonder of ek rerig is
My kamer het groot vensters
Die wind fladder ‘n begrafnisbrief
Ek twyfel oor die sin van my lewe
En besef hoe fake alles hier is
(NS: Vandag 10 jaar gelede is my seun doodgebore
deur die groot vensters in my kamer
is vir my so fokken sinneloos en leeg)
© Cecil Barnard –
27 November 2005
|