|
CURRY PRETZELS EN
BLOUKAAS
ie
dag toe ek haar ontmoet het sy haar fyn neusie op ‘n pruil
getrek en beterweterig na die fyngesnyde medium gaar fillet in
die bord voor my gewys. “Typical Afrikaner male, animal hater,
woman abuser and low down racist” snou sy my toe voor sy omdraai
en met haar perdeby lyfie by die stoepdeur insweef. “Hey you
forgot your broom” roep ek agterna, net om ‘n glas yskoue
Perrier (suurlemoen geur) in my gesig te kry. In stilte kou die
gaste aan hulle fillet, sag gebak in die Weber toegewoel in
foelie met room en madagaskarse groen peper korrels. My liewe
metgesel kners op die tande van woede en sommige ou vriende
skarlaken rooi van proes. ‘n Gietyster skottel vol mediteriaans
gebakte groente doen die rondte en Chris maak nog ‘n bottel
Boncap Shiraz oop. Ook maar goed ek het ‘n kelder gebou en vol
van die beste Kaapse vrug (en ietsie uit OZZ en Frankryk) gepak.
Later vertel haar kerel so half vermakerig en uitdagend sy is ‘n
flexitarier. “’n Fokken wat?” vra Alex, ‘n ware karnivoor, hoog
geskok langs my. “’n Flexitarier” sis die maat ~so ‘n weird
metromale met ‘n diep donker streep in sy oë ~ hy kyk jou nooit
in die oë nie al praat julle. Snaaks genoeg ‘n new age hippie
met ‘n M3 en ‘n sagte gesiggie. “Wat de donner is ‘n
flexitarieer?” “Iemand wat soms vleis eet maar meestal ekologies
daarteen is, maar dit eet om either fashionable of healthy te
wees” seg die metromale man. Ek sien hy kyk baie geskok na ons
wat die slaai (alles uit die tuin) so met die hande eet.
Ongelooflik die smaak van balsamic asyn as jy snye vars kersie
tamaties daarin doop en opslurp. Duidelik die produk van
upmarket Sandhurst. Dit is ook hoe hulle hier uitgekom het.
Vriende van vriende se uni-kinders wat net my nuwe ekologies
vriendelike huis en lewensstyl moes kom inspekteur. Die kaia het
dan selfs die blaaie van “House and leisure” en “Architectural
digest” gehaal. Talk of the town ontwerp en ek, Afrikaner en
boer maak opslae in die hoog jaloerse wereld van greeny design
met my huis in die berge…
Toe liewe Heksie se kerel se pa haar aan my voorstel net ‘n
maand tevore by ‘n EIA verhoor en ek vertel van my ontwerp en
die lae impak op die omgewing was haaar reaksie: “ A boer with
environmental sensitivity and design taste? As unlikely as curry
pretzels with blue cheese” Aaag gaan kak in die mielies dink ek
toe net daar, maar hou die vonkelende glimlag. “Miracles do
happen you know!” Blykbaar is die “boere” is nou net maar
eenvoudig nie “cool” in die hogere kringe nie ~ wat nog te sê as
ons vleis verskeur en slaai met ons hande eet. Sy het egter
darem met goedkeuring gekoer toe sy die Carol Boyes slaai lepels
en Allesi kurktrekker sien. Arme ding. Hoe groen sy ookal
probeer wees, die noordelike voorstede kom nie uit jou uit nie…..
Om te dink sy kyk na al die mooiste goed maar eet bykans niks
nie.
Ek stap in die kombuis in en “Mmmm bitch….”. My fillet….. In die
kombuis staan sy agter die stoof met ‘n vinger diep in die room
en groen peperkorrel sous. “So do you lick cream out of the pot
but not eat meat?” Haar blou oe blits en ek visualiseer ‘n swart
kat wat om haar bene draai en ‘n krom punt-hoed stewig op haar
kop. Moerse moesie langs die neus vorm deel van my prentjie.
“Fuck you” sê sy. “Anytime Heksie, anytime”. Ek skep nog ‘n bak
vol dun gesnyde fillet. “You aught to try this with organic
pesto. The meat is from my dad’s farm. Cattle are all hand
reared. We use only children as workers from the local
community. Their soft voices do not disturb the cattle. Anyhow
the work keeps the kids away from drugs and prevents them from
falling pregnant before 16”. “You are such a prick”. “My God,
you haven’t even tasted meat and you make sexual advantages
towards your host?!”
Die tuisgebakte malva poeding met Woolworths vla (ja ja, ek kan
nie alles doen nie) spoel ons af met die laaste paar bottels
Pongraz uit lang lang glase, ‘n Kersgeskenk van my geliefde.
Sjampanje oor aarbeie is iets wat ek in Australia geleer het en
bly steeds diep in my gunsteling lysie van versnapperinge. Die
vars aarbeie in die langsteel glase (wat Alex en Trudie van
Franschoek saamgery het) gee ‘n lafse pienk kleur aan die
sjampanje en ‘n lieflike skoon smaak in die mond. Die stemming
is gemoedelik en die mense het die lewe weer vir eenmaal in
oordadigheid geniet. Kos, wyn en sagte lente sonskyn is perfekte
maats vir onvergeetlike oomblikke. Alles is perfekte pasmaats.
Selfs die besem meisie en haar metromale kerel lag uit die maag
uit vir Chris se stories.
Die laaste kar verdwyn deur die hek en ek draai om en kyk oor
die werf na my nuwe blyplek. ‘n Buite binne en binne buite huis,
net soos die Ozzies dit al jare doen. My droom plek. Geen
selfoon ontvangs, geen tv, alles is recycled bou material en
meeste mure is dik hooibale gepleister met ‘n modder sement
mengsel. Die son verskaf meeste van die energie die stort is
buite met ‘n ongelooflike view oor die vallei daar onder. Nogal
‘n romantiese plek dink ek weereens. Net jammer my metgesel moes
saam met die res terug stad toe. Haar gastehuis staan en wag….
Ai tog. As die een nie met ‘n besem opdaag nie vertrek die ander
met een.
Die son sak rooi onder die bloupers wolkkombers in. Blitse dans
op die horizon en die sagte gedreun van donderweer rol or die
vlakte na die stoep toe. Die kospotte is blink leeg. Wat die
gaste nie met hulle laaste broodjies opgesuig het nie het die
jong labradors uitgelek. Hulle geniet die uitstappies na die
plaas toe. Metodies begin ek die skottelgoed was. Coldplay speel
deur die iPod oor klein speakers en die donderweer rol oor die
bosveld vlakte. Die kombuis vensters staan wa-wyd oop, nes ek
die huis beplan het, suig koel lente lug en die vars reuk van
reen in. Die son se laaste strale soen die doringbome totsiens
en die vensters ratel met die eerste donderslag naby die koppie
agter die huis.
Ek draai om om vensters toe te maak en sien haar staan teen die
laaste lig. Ongeloolike mooi bene afgeets deur haar dun dun
rokkie. Haar borsies lig op toe sy praat. “So, finally I will
get to meet the man of this place all alone by himself… Quite a
place I must add… pity it is wasted on you”. “I am at loss for
words” se ek half sarkasties half geskok toe ek haar kerel agter
my se skadu oor die vloer val. Die vlymskerp slagtersmes in sy
hand gly yskoud deur my nek. “Curry works wonders on all meat,
specially tough pig’s meat” sê sy toe kereltjie die mes op die
vloer laat val. Ek sak stadig grond toe met my lyf wat himself
leegpomp en die natuurlik gebeitste vloer rooi kleur. Op my
kniee en hand krampagtig oor die gapende slagaar sien ek hoe
haar metromale kerel haar rok afruk en hulle hygend grond toe
val in ‘n jagse liefdespel. Die laaste wat ek onthou is hoe my
honde ‘n box kerrie poeier by die deur uitsleep….
© Cecil Barnard –
27 November 2005
|