|
DOEMPROFEET
Kille skemersaand loop hy
in donker jas van slawerny
na haar
Hy sien haar met haar skoon gemoed
met donker hare en lippe so soet
bebloed
Want onguns is 'n wilde dier
wat in sy barre hart seevier
vanaand
Haar glansende lyf - uitlokkend
Sy laaste sielskrag verbrokkel
verlei
'n bewerige hand strek uit na haar
wetend dat die onheim daar dwaal
finaal
Haar soete gif vloei oor sy tong
'n warm gloed wat gewete verlos
van pyn
Daar sal geweenklaag wees tot laat
want die doemprofeet loop die land
ongekant
Dit is die een wat nooit gaan slaap
en skelm bekruip in die stille nag
verwaand
Dis reeds binne en buite opeens
ons donkere buie slinks gesteun
Deur Een:
Doemprofeet
© Etienne Marais –
21 September 2005
|