|
SONDE MET DIE BURE
s
gelyk aan:
Daai ongure smaak in jou mond –
as die buurman se hond
alweer vir spoke blaf,
as hy jou geliefkoosde boom afsaag,
as hy skelm loer oor die muur
en sodoende buurman-verhoudinge verder versuur.
As die buurvrou laatnag nog braai
en kliphard met Bles se musiek laat waai.
As seniliteit intree
en buurman meer vir sy platgetrapde dahlias omgee
as vir die huisbraak wat jou bankbalans naak laat.
So my voorland is ‘n seehuisie omring met sand
waar seegras my buurman heet aan elke kant.
Daar sal visse my vriend wees
en geraas my vyand.
“Ag, as dit maar so maklik was.”
Sug ek hardop en sny verder aan my meenthuis se gras.
© Sandra Vaughn –
22 Januarie 2006
|