About the Author:
Sandra Vaughn
Sandra Vaughn

Place of Birth: Pretoria
Date of Birth: 28/10/1975
 

Other Literary works:

Afrikaans:
Chilli Bretzels met Bloukaas
Die Kurk Pop en die Glase vul
Early One Morning
Emergency Sex
Getower
Heart Like a Hotel
Sonde met die Bure

English:
 



DIE KURK POP EN DIE GLASE WORD VOL


arilyn Monroe klim op ‘n tafel in McGinty’s in Hatfield en maak almal luidkeels stil. Sy begin met die vol glas bubbly in haar hand hardop cheers:
“Is jy lus vir ‘n stukkie vis, of is jy bang vir die rooikopslang?” Sy lag hardop en verloor amper haar balans.

“Wat?!” Sê Reneé Zellweger en kyk selfbewus na die klomp studente. Marilyn is oortuigend en braaf: “Man, sê dit net, dis iets lekker om op te cheers en die studente laaik dit. So ‘n oulike rooikopoutjie het my dit nounet geleer”.
“Dit klink soos ‘n donnerse hoërskool chant.”
“Dit ís ’n donnerse hoërskool chant.” Sê Marilyn terwyl sy haar weerbarstige krulle rondgooi en aan Mel Gibson haar skoen offer om sy rooiwyn uit te drink.
“Gedra jouself!”. Sis Reneé en pluk die skoen uit Mel se verstomde hande uit.
“Die man is ‘n katoliek en vader van vele.”
“Ek het al baie katolieke getem my hartjie, JFK was wel die laaste maar definitief die moeite werd.”
Marilyn val van die tafel af.
Reneé sug moedeloos en help haar opstaan. Marilyn kyk haar skielik diep in haar oë: “My engel, gun my dit, dit is al wat vir my oor is. As Kurt Darren vanaand ‘Meisie, Meisie’ begin sing net voor eenuur is dit ons almal se que om te waai, en tot dan gaan ek my gate uit geniet. Capiche?”

Reneé skud haar kop en loop in Bles Bridges vas wat haar ‘n rooi roos in die hand stop. Bles kyk haar op en af en sê onseremonieel: “Meisiekind, jy’s nie baie mooi nie maar oom sal anyway sy handtekening vir jou gee.” Hy skribbel dit op ‘n papiertjie neer en stop dit in haar hand terwyl hy ‘Silent Night’ neurie.

Sean Connery staan in die hoek – naby die bar – en lyk intensely bekommerd. Timothy Dalton is besig om geweldig baie wyn op Steve Hofmeyr se rekening te koop in die hoop om uit te vind of Patricia Lewis se borste werklik haar eie is. Hy kon nog nooit die ‘James Bond’ karakter geloofwaardig afskud nie. Sean is superbang Timothy gee hul werklike identieit weg en besluit om eerder ‘n paar tots met Joost van der Westhuizen te down. The guy seems harmless enough.

Tom Cruise – die organiseerder van die hele set-up is nie gegooi nie. Hy weet Sean sal nooit sy Skotse aksent kan onderdruk nie en dat Timothy ‘n Shakesperean actor is wat maklik kan inblend. Vanaand gaan Patricia bars … Hy maak ‘n bottel ekslusiewe rooiwyn triomfantlik oop en drink sommer uit die bottel uit, want hy kan.

“n Student strompel dronk in McGinty’s in en bestel vir homself ‘n bier: “Windhoek Light”, mompel hy en flick ‘n tien rand noot na die barman. Sy aim is uit en die noot val op Sean Connery se been. Sean tel die noot op en mompel in sy beste Afrikaans vir die barman: “Gee vir die man sy bier.”
Die student glimlag vriendelik vir Sean om hom te bedank, en verstar.
Dis fokken Sean Connery.
Die student besef hy het heeltemal te veel gedrink, en verskoon homself lomp: “Uhm, sorry oom … uh Bond, oom Bond”. Sean lyk seergemaak, die student gee eintlik nie om nie, hy het ‘n moerse pis aanboord.

Hy mik vir die badkamer maar loop in Reneé Zellweger vas wat hom indringend vra: “Het jy nie dalk nounet vir Marilyn Monroe gesien nie?”
Hy double-take.
Hy weet nie wat hom die meeste uitfreak nie, die feit dat Reneé Zellweger nounet met hom gepraat het, of die feit dat sy dit in fokken Afrikaans gedoen het?

Die student sug dankbaar soos hy sy merk teen die silwer muur in die toilet los.
“You carrying?”
“Huh?” Die student kyk op – en toe na regs waar die stem vandaan kom en pis op sy tekkie toe hy in Brad Pitt se gesig vaskyk. Die student besef hy moet fokken donners moerse dronk wees, maar uiter tog: “Carrying what?”
“Weapons you asshole, Angelina Jolie is daarbuite, slaggereed om my gat te skop. Moerse sexy.”
Die student kan sy ore nie glo nie, “Angelina Jolie? Hier in Hatfield?! Not de fo…” Hy voel ‘n mes teen sy keel, die eienares van die mes beveel hom kalm: “Skud jou meneer goed en sit hom terug waar hy behoort. Ek en die man langs jou het ‘n afspraak, met die dood, met fate of doodeenvoudig net met … mekaar.”
Die student gehoorsaam gedienstelik – soos enige mens met ‘n mes teen sy keel gewoonlik doen – en loop bewend by die toilet uit terwyl hy prewel: “Ange-fokken-lina Jolie het nounet aan my gevat, my Boet gaan soooo jaloers wees.”

Die student loop bar toe en bestel ‘n dubbel vodka shooter. Hy reken as hy genoeg suip vanaand gaan hy nog vir Britney Spears ook ontmoet. ‘n Stem agter hom sê: “I wouldn’t do that if I were you, vodka changes people.” Hy draai verskrik om en kyk in Kurt Darren se gesig vas. Hy gil verbete en klap homself hard in sy gesig. My fok, hy het actually Kurt Darren herken. Hy swets sy Ma en haar verdomde Afrikaanse CD’s onderlangs. Sy oë volg Kurt soos hy deur die studente crowd aan-amble tot op die klein verhogie. Kurt gee die crowd sy beste Paul Newman kyk.
Iewers hoor die gehoor ‘n vrou wat soos Marilyn Monroe lyk gil. Sy moet weet dis amper eenuur.

Die student probeer sy Boet bel om te sê dat Angelina en Brad en super famous mense hier is maar sy selfoon kruip diep in sy onderbroek weg.
William Shakespeare loop oor na Liza Minnelli toe en hou haar gesig met liefde vas: “All the world’s a stage, and you dear Liza is merely the tortured actress”.
Kathy Lette hoor toevallig die gesprek en maak haarself en haar agent direk deel daarvan: ”If all the world’s a stage, mr. Shakespeare then where the hell is my dressingroom?”

Kurt Darren begin oorverdowerend “Meisie, Meisie” sing, Marilyn huil want haar nuutgevonde vryheid is weg. Angelina skop sommer Paris Hilton se hondjie uit frustrasie uit en mompel vies dat sy net voor kromdraai was. Die spul celebrities down hulle drinks en volg Tom Cruise by die agterdeur uit. Mel Gibson stop om gou vir ‘n foto saam met Patricia de Lille te pose.

Niemand sal ooit hierdie nag in Mcginty’s vergeet nie – veral nie Joost nie, want hy’s ‘n moerse Sean Connery fan.

© Sandra Vaughn – 15 Junie 2005