About the Author:
Sandra Vaughn
Sandra Vaughn

Place of Birth: Pretoria
Date of Birth: 28/10/1975
 

Other Literary works:

Afrikaans:
Chilli Bretzels met Bloukaas
Die Kurk Pop en die Glase vul
Early One Morning
Emergency Sex
Getower
Heart Like a Hotel
Sonde met die Bure

English:
 



HEART LIKE A HOTEL


ou my friend have always had a heart like a hotel”, sê Nicole en sit terug in haar stoel asof sy nounet die mees profoundste ding op aarde gesê het. “Meer soos ‘n hoer-hotel as jy my vra”, meng ‘n altyd beduiwelde Inge in.
“Okay yes, a bit more motel-ish than hotel-ish, but never-the-less, I am trying to give Mariëtte a compliment – so stop stealing the moment.”

“Ek is nie besig om haar moment te steel nie, ek probeer ‘n belangrike punt bewys. As sy nie haar ‘motel-deure’ vir elke Jan Rap oopgooi om vrylik in te kom bly nie, sal sy nie op ‘n konstante basis so hartsiek wees nie.”
“Is that another strange Afrikaans metaphor for sleeping around?”
“Nicole, jý het begin met die motel metafoor en ek probeer dit net deurtrek na die deure van haar wese toe, sy is te vrygewig met haar hart, haar liefde …”

“Hello? Moenie van my praat asof ek nie reg oorkant julle twee sit nie, en kan ons asseblief my lewe bespreek asof ek ook deel is daarvan?”
“Bedoel jy nou aktief deel daarvan of sit-in-die-hoek-en-mope-oor-my-lewe deel daarvan?” Vra Inge en haal ‘n blaar uit haar pastadis uit.

Mariëtte gooi haar hande moedeloos in die lug – wat die kelner dadelik laat aangeskarrel kom met: “Can I bring you ladies something else?”
Nicole neem oor: “Yes, another glass of semi-sweet for me and for the moping lady opposite me, a life. Thanks that will be all”. Die kelner loop fronsend weg, “And I want that life on toast please!” Sê-skree Mariëtte agterna en glimlag vir haar twee vriendinne, “Wat? Mag ek nie ook ‘n sin vir humor hê nie?”

Inge skud haar kop en steek nog ‘n sigaret aan, “Luister suster, dis great as jy ‘n sin vir humor oor die hele affêre het maar jy moet iets begin DOEN oor die situasie. Vyf mans het al die afgelope paar maande jou ‘motel-drumpel’ deurgetrap en jou ingewande op die voorstoep gelos vir ons twee om op te tel”.
Sy suig haar sigaret asof sy aan die ‘School of Professional Smokers’ behoort. “Boonop is een met jou motor weg, twee met heelwat van jou spaargeld, ‘n derde amper met jou kosbare kat en nou het Darren jou ‘n week voor jul troudag gedump”.

“Ek sou nie die woord ‘dump’ gebruik nie”, protesteer Mariëtte “hy het bloot dinge wat hy nog moet uitwerk … hy was maar nog net nie reg nie”.
“Nie reg nie? Op die ouderdom van ses en fokken veertig?”
Inge besef té laat dat sy die sin, en veral die vloekwoord, heeltemal te hard gesê het. Die tannie skuins agter haar – met tipiese Waterkloof hare – leun oor en fluister vinnig dat hulle nie in ‘n Spur sit nie. Inge kap terug met: “Ek weet tannie, lyk dit vir jou asof ek ‘n monkeygland burger eet?”
“Inge asseblief!”
“Ag relax Mariëtte, hey Nicole did you see apart from the hair, she’s wearing Jenna Clifford, I bet you she even drives a white merc!”
“Julle twee is die weirdste sosiale snobs op aarde!”
“Darling, we just don’t like to conform, we appreciate individualism”.
“Sê iemand wat ‘n hout palmboom en ‘n winkelpop in ‘n French maid uniform in haar voorhuis het”.
“I’ll have you know that they are artworks. Back to the point at hand, you - young lady - need to focus on anything but men at this stage. You are a wonderful sensitive woman with no knowledge about how to potty-train a grown-up man. They walk over you like the broken flower that you are. You bounce from one man to the next thinking, bloody well hoping, that he will be The One – such a ridiculous concept if you ask me. On a serious note: you need to dethrone yourself as the Queen of heart-ache”.
“Ja suster, dis hoog tyd dat jy jouself regruk en verwyder uit die enkellopende mark, jy skuld jouself ten minste dit. Gaan op vakansie of iets, doen dinge vir jouself, anders gaan mans jou net opsuig totdat daar niks van jou oor is nie. Saam met wie gaan ek en Nicole dan lunch, huh?”
“Okay, okay! Ek sal abdikeer, ek sal my hotel-deure …”
“Bedoel jy nie motel-deure nie?” Korrigeer Inge haar.
“Ek sal my HOTEL-deure sluit, die vensters toemaak, en vir die volgende paar maande net emosionele papierwerk doen. Gelukkig?”
“And you have to start knitting, like Meredith in ‘Grey’s Anatomy’. Even if you meet your McDreamy or McSteamy you have to just keep on knitting”.
“Nee, die Here hoor my, ek was eerder almal in die buurt se skottelgoed as om serpies te brei”.
“You can always brei them for charity”, sê Nicole terwyl Inge nog ‘n sigaret aansteek.

Die kelner arriveer genadiglik met Nicole se wyn en ‘n sny toast vir Mariëtte.
“Oh no, the life on toast comment was just a joke”, probeer Mariëtte verduidelik.
“Yes mam, but the gentleman at that table overheard you and sent you this toast with a note”.
Al drie vrouens kyk nuuskierig na ‘that table’. “I know that guy, his name is Kerneels da Silva, big shot attorney”.
“Laat ek raai, sy Ma was Afrikaans en sy Pa ’n Porra”.
“Inge, jy is die sinieste mens wat ek ken, vir al wat jy weet is hy ‘n wonderlike mens, en boonop het hy goeie smaak”, sê Mariëtte terwyl sy ingenome die nota oopvou.
“I don’t know about wonderful, as far as I know he is still married and has a nine year old kid”.

Inge gryp die nota uit Mariëtte se hand uit, “Ignoreer sy briefie, stuur vir hom ‘n nota terug wat lees: Reception to the Mariëtte Heart Foundation Motel is officially closed”.
“Hotel!” Semi-gil Mariëtte.
Nicole ruk die nota uit Inge se hand en bestudeer dit soos ‘n vrou wat al vir jare gewoond is aan te veel aandag. Soos enige aantreklike vrou ken sy haar storie as dit kom by Flirtasie 101.
“Hmm, nice handwriting, the note has a food stain on it though”.

“En?” Vra Mariëtte en Inge gelyk.
“En what?”
“What does it say Nicole?!”
“It reads: ‘I am so sorry you do not have a live but I want to share mine with the woman sitting opposite you’. And if I am not mistaken, that would be me. So hand me a tissue sweetie and I’ll give him my number”.
“Ag kak man,” sê Inge en die Waterkloof-hare tannie kug ‘n dissiplinerende hoesie.
“In the light that you just abdicated as Queen of heartache, I refuse to read the contents of this note”.
“Fine, ek hoor wat jy sê. Maar sê nou net hy is Die Een, Die Een-konsep waarin jy nie eers glo nie. Stel jou voor hoe skuldig jy vir die res van jou lewe daaroor gaan voel. Veertig jaar van nou af sit ek in ‘n ouetehuis en doen steeds emosionele papierwerk oor jou selfsugtigheid. Dink aan hoeveel serpies ek dan al gebrei het vir flippin charity! Gee daai donnerse nota hier!” Beveel Mariëtte en eien die stukkie papier terug wat sy dadelik ywerig lees:

“Donkerrooi die wingerdblaar, en warmrooi
die mond van haar.
My hart blom wit vir die voshaarnooi,
pluk heide van die rooiste rooi,
vir hierdie einste voshaarnooi.

Wees asseblief my voshaarnooi,
Kerneels”


“Dis Boerneef, dis flippen Boerneef. Nie ‘n nota met sy nommer op of hoe lyk dit met ‘n skelm vry nie, maar Boerneef!” Sê Inge verslae.
“Who the hell is this Boerneef guy? Family? That’s disgusting! Or is this another weird Afrikaans metaphor for sex?”
“Nee”, sê Mariëtte, “Inge is reg, dis flippen Boerneef”. Sy haal twee honderd rand uit haar beursie en plak dit op die tafel neer. “Dis my bydrae vir lunch, jammer julle, maar ek moet die man wat Boerneef quote ontmoet”.
Mariëtte staan op, gooi haar Voshaarnooi-hare oor haar skouers en loop vasberade oor na ‘that table’.

“I guess Mariëtte’s hotel reception just re-opened”, sê Nicole en down haar wyn, Inge vloek woorde wat die Waterkloof tannie laat stik aan haar pudding en Mariëtte stel haarself voor aan die sesde hartebreker die afgelope paar maande in haar lewe. OF is hy dalk Die Een?
 

© Sandra Vaughn – 3 Desember 2006