About the Author:
Sandra Vaughn
Sandra Vaughn

Place of Birth: Pretoria
Date of Birth: 28/10/1975
 

Other Literary works:

Afrikaans:
Chilli Bretzels met Bloukaas
Die Kurk Pop en die Glase vul
Early One Morning
Emergency Sex
Getower
Heart Like a Hotel
Sonde met die Bure

English:
 



EMERGENCY SEX


arm hande
gevlek met tydelike skande.
Moeë dringende asems
wat wil skree van die lyflike lus, verbatim ...

‘n Tong wat voel-voel en soek-soek hopelik sy uiteinde sal bereik.
Jy’s dertig. Dank God, nog nie op die rak verstryk.

Twee liggame verstrengel inmekaar en toegewriemel
- wat hortend en swetend, behae in mekaar se liefde vind.
Al heet die liefde: Stomheid en Blind.

Tien jaar gelede het die vlam vir mekaar begin brand,
voor kinders, wederhelwe en huislenings,
voor ‘n konstante kosmakery, bakleiery
en opgefokte getroude grootmenslewens ...

Vanaand is dit net Hy en Sy,
vanaand word alle konvensies vermy...
- want hul smag na mekaar.

Nie vir lewenslank nie,
wel vir die Hier en die Nou,
dié oomblik wat beide se siele stilweg, kopskuddend aanskou.

En die Nou is goed, baie goed,
met sweet versoet
en vertakkings van fisiese glorie.

O, die vervulling van emergency sex ...

O, die pyn van emergency sex ...

Skaakmat mevrou,
jy ontvou
jou liefde te vinnig.

Tipies.

Vir tien jaar gewag, en nou, orgasme slag-op-slag.
Maar jou hart bly leeg.
Emergency sex het amptelik:
lewenslange liefde weggeveeg.

Na die daad,
rol jy weg
en vee jou hare
teug vir teug.

Jou liggam: steeds trillend
Jou brein: watse pyn het ek my nou ingeweeg?

© Sandra Vaughn – 24 September 2005