About the Author:
Sandra Vaughn
Sandra Vaughn

Place of Birth: Pretoria
Date of Birth: 28/10/1975
 

Other Literary works:

Afrikaans:
Chilli Bretzels met Bloukaas
Die Kurk Pop en die Glase vul
Early One Morning
Emergency Sex
Getower
Heart Like a Hotel
Sonde met die Bure

English:
 



CHILLI BRETZELS MET BLOUKAAS


k droom van bome wat chilli bretzels dra. Van varings wat groei uit suurlemoenkonfyt. Van gordyne wat laag sweef oor huise en voëls jaag sommer net vir die fun.
Ek droom van graslande met wuifende hande wat perde se mae probeer kielie. Die perde is mal daaroor, hulle kekkel soos ganse.
Ek droom van die goeie ou dae toe wynbottels nog tussen roosmaryn gegroei het – vrylik beskikbaar. Toe mens nog jou hartseer aan klippe kon verkoop het en jou pyn aan die Chilli bretzel boom kon verruil vir bloukaas.

Ek droom van die toekoms, laggende kinders wat mekaar gooi met lugborrels vol liefde. Van couples wie se wortels saam stewig groei in die grond in, soos dit hoort. Van Strelitsias wat skool gee en kleurvolle prentjies in die lug teken. Van soekende siele wat in ‘n houtkruis bly want dis al waar hulle veilig voel.

Ek sal droom van enigiets – solank dit net nie meer oor jou is nie …

© Sandra Vaughn – 21 Julie 2005