About the Author:
Sandra Vaughn
Sandra Vaughn

Place of Birth: Pretoria
Date of Birth: 28/10/1975
 

Other Literary works:

Afrikaans:
Chilli Bretzels met Bloukaas
Die Kurk Pop en die Glase vul
Early One Morning
Emergency Sex
Getower
Heart Like a Hotel
Sonde met die Bure

English:
 



GETOWER


aar:
Jy vat my, rol my, tol my, gooi my …
jy gooi my weg.

Die aarde draai ‘n jaar lank,
ek tol terug.
Terug in jou arms in.

Jy toor my met jou wese.
Jou teenwoordigheid laat
my stem stom,
my kaalhart krom.
My tong
is in jou hand,
my hart
klop in jou smart.

Jou reuk laat my melankolies,
herinner my aan Londen, Camden en al jou mooi stories.

Ons wêreld van liefde
smokkel my,
omtoor my,
breek my –

Ek het jou so lief.

Jy wiep my op en af
draai my om
en sit my neer op my kop.

Ek vlek my brein vir jou oop
en noop
jou om my lief te hê.

Ek’s vas,
ek’s getoor,
my pyn, versmoor.

Ek’s jou liefdesslaaf
jou Getoorde Engel.
Jy kyk na my
en ek sien jy weet dit.
Jy hou my vas
en sê:
“Ons twee is nommerpas.”

© Sandra Vaughn – 3 Julie 2005